Toe Sanballat hoor dat ons Jerusalem se muur herbou, was hy baie kwaad. Hy het die Jode voor sy vriende en die Samaritaanse soldate beledig. “Wat probeer hierdie miserabele klomp Jode doen?” het hy spottend gevra. “Kan dit wees dat hulle die mure wil herbou? Dink hulle sowaar hulle kan hierdie muur in ’n dag herbou net omdat hulle offers bring? Wil hulle bakstene maak van daardie hoop verbrande rommel?” Tobija die Ammoniet, wat langs hom gestaan het, het haastig bygevoeg: “Los hulle, laat hulle maar hulle muur bou. Dit sal in elk geval nie hou nie. As ’n jakkals daarteen opspring, sal dit omval!” Toe het ek gebid: “God, luister hoe spot hulle ons! Draai hulle gespot teen hulle sodat met hulle gebeur wat hulle ons toewens. Laat hulle weggevoer word as ballinge in ’n vreemde land. Moenie hulle verkeerde dade vergewe of hulle sondes vergeet nie, want hulle het die bouers beledig wat besig is om u opdrag uit te voer.” Ons het verder aan die muur gebou. Kort voor lank was dit halfpad voltooi omdat almal met hart en siel help bou het.
Lees Nehemia 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Nehemia 4:1-6
7 Days
Have you ever been so tired or defeated in life that you’ve wanted to throw in the towel and give up? The Bible is full of encouragement to persevere and keep going! This 7-day reading plan will refresh you for the journey ahead.
7 dae
Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is. Of dit nou 'n besigheid, gesin, bediening of boek is, ons Skepper God het ons 'n diep begeerte gegee om saam met Hom te skep.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's