Toe Sanballat hoor dat ons besig was om die muur te herbou, het dit hom ontstel en was hy baie geïrriteerd. Hy het die spot gedryf met die Judeërs. Hy het toe in die teenwoordigheid van sy stamgenote en die leër van Samaria gepraat en gesê: “Wat is die miserabele Judeërs besig om te doen? Knap hulle die plek vir hulle op? Gaan hulle offers slag? Gaan hulle dit vandag afhandel? Wil hulle die klippe uit die hope rommel weer gebruik terwyl dit verkool is?” Tobija, die Ammoniet, was langs hom. Hy sê toe: “Wat hulle ook al herbou, as 'n jakkals daarteen opspring, maak hy 'n gat in hulle klipmuur.” Hoor tog, ons God, want ons het veragtelik geword. Keer hulle gespot om op hulle eie koppe, en gee hulle as buit oor in 'n land van gevangenskap. U moet nie hulle sondeskuld bedek nie, en hulle sondes moet nie voor U weggevee word nie, want hulle het U voor die bouers uitgetart. Ons het die stadsmuur opgebou. Die dele van die hele muur is saamgevoeg tot op die helfte van sy hoogte. Die volk se hart was in hulle werk.
Lees Nehemia 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Nehemia 4:1-6
7 Days
Have you ever been so tired or defeated in life that you’ve wanted to throw in the towel and give up? The Bible is full of encouragement to persevere and keep going! This 7-day reading plan will refresh you for the journey ahead.
7 dae
Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is. Of dit nou 'n besigheid, gesin, bediening of boek is, ons Skepper God het ons 'n diep begeerte gegee om saam met Hom te skep.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's