Die mense wat Jesus uitgestuur het, het na ’n ruk teruggekom. Hulle het Jesus alles vertel wat hulle gedoen en gesê het. Maar dit was omtrent soos ’n malhuis rondom Jesus. Mense het so gekom en gegaan dat Jesus-hulle nie eens ’n kans gekry het om te eet nie. Jesus stel toe voor dat net hulle klein groepie saam na ’n stil plek gaan om ’n bietjie te gaan rus. Hulle is toe saam in ’n skuit na ’n plek waar hulle op hulle eie kon wees. Maar ’n klomp mense het hulle gesien gaan. Hulle hardloop toe al met die strand langs en was selfs voor Jesus-hulle nog by die plek. Van oral af het die mense gekom. Toe Jesus-hulle daar land, wag daar natuurlik ’n massa mense vir hulle. Dit het Jesus diep geraak. Daar staan die mense rond en hulle lyk net soos ’n klomp skape wat nie ’n herder het om hulle te lei nie. Jesus begin toe met hulle oor God en sy dinge gesels. Dit het later begin skemer raak. Jesus se volgelinge kom hou toe kajuitraad met Hom. “Ons is so ver van winkels af en kyk hoe laat is dit al. Dink U nie dit is ’n goeie plan om die mense te vra om gou by die winkeltjies in die omgewing vir hulle iets te gaan kry om te eet nie?” “Nee wat,” sê Jesus. “Gee julle sommer vir hulle iets om te eet.” “Om vir hierdie klomp mense kos te gee sal ’n fortuin kos, sowat agt maande se salaris. Wil U regtig hê ons moet soveel geld spandeer net om vir hulle kos te gee?” “Gaan kyk ’n bietjie hoeveel kos ons het,” vra Jesus toe. Hulle kyk toe rond. “Vyf brode en twee visse,” kom die antwoord. Jesus vra toe sy getrouste volgelinge om die mense in groepies, so tussen 50 en 100, op die groen gras te laat sit. Jesus vat die kos en sê vir God dankie daarvoor. Voor die mense begin Hy toe die kos deel, terwyl sy volgelinge dit vir hulle gee om te eet. Almal het geëet tot hulle genoeg gehad het. Daarna het sy volgelinge die kos bymekaargemaak wat oorgebly het, ’n hele twaalf mandjies vol. Daar was baie mense; net die mans wat saamgeëet het, was 5 000. Toe hulle klaar geëet het, het Jesus die klomp mense gevra om huis toe te gaan. Hy het ook sy klein groepie getrouste volgelinge solank met die skuit vooruitgestuur na Betsaida toe. Nadat Hy alles gereël het en die mense weg was, is Hy teen die berg op om te gaan bid. Toe dit al goed donker was, was die boot mooi in die middel van die see. Jesus was alleen op die strand. Hy het gesien hoe sy dissipels swoeg met die roeiery, want die wind was teen hulle. Toe die son sy kop begin uitsteek, stap Jesus op die water na hulle toe. Hy wou langs hulle verbystap, maar toe hulle Hom op die water sien loop, dog hulle dit is ’n spook. Hulle het hulle spierwit geskrik. Jesus stel hulle toe dadelik gerus: “Moenie so skrik nie, dit is net Ek. Julle hoef nie bang te wees nie.” Hy klim toe in die boot by hulle. Daar en dan gaan die wind toe ook lê. Sy volgelinge was heeltemal uit die veld geslaan. Al het hulle gesien hoe so baie mense met so ’n bietjie kos genoeg kry om te eet, het hulle nie verstaan wie Jesus regtig is nie. Hulle kon hulle oë nie glo nie.
Lees Markus 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Markus 6:30-52
7 Dae
Angus Buchan daag jou uit om tydens moeilike tye jou vertroue in God te stel. Vertrou God en beur voort en jy sal in geloof kan vasbyt. Wanneer jy na daardie berg voor jou kyk en dink: “Ek sal nooit daaroor kom nie,” onthou dat God gesê het: “Ek is by jou” (Jesaja 41:10, NLV). Staan sterk en hou vas aan jou geloof!
8 Dae
Medelye verander ʼn mens se lewe. Medelye en meegevoel en invoel en saamvoel is nie ʼn vlietende emosie nie. Dit is ʼn klomp opeenvolgende emosies en nou en dan, dan voel jy so 'n bietjie jammer vir ander mense. Nie as jy Jesus navolg nie. “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee."
15 Days
We want to encourage you into a thoughtful, daily, heart-to-heart relationship with God. Millions of readers around the world have turned to the daily devotional, Our Daily Bread for moments of quiet reflection. In just a few minutes each day, the inspiring, life-changing stories point you toward your heavenly Father and the wisdom and promises of His unchanging Word.
Over the course of 15 days, Paul David Tripp will remind you of God’s grace towards you—truths that never grow old. When “behavior modification” or feel-good aphorisms aren’t enough to make you new, learn to trust in God’s goodness, rely on His grace, and live for His glory each and every day.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's