Later het Jesus deur Jerigo gestap. Een van die mense wat daar gebly het se naam was Saggeus. Hy was die hoof van die berugte tollenaars wat belasting ingevorder het, en ’n skatryk man. Toe Saggeus hoor dat Jesus deur die dorp stap, het hy probeer om Hom tussen die mense deur te sien te kry. Maar hy kon nie, want hy was te kort. Toe maak hy ’n plan: hy het gou vooruitgehardloop en in ’n wildevyeboom gaan klim wat langs die pad gestaan het waar Jesus sou verbyloop. Toe Jesus by die wildevyeboom kom, het Hy skielik gaan staan, opgekyk en gesê: “Saggeus, klim dadelik af. Maak gou! Want Ek moet vandag by jou kom oorbly.” Saggeus het omtrent uit die boom geval so vinnig het hy afgeklim. Hy was baie opgewonde dat Jesus besluit het om juis by hom te kom bly. Natuurlik was die mense van die dorp glad nie bly oor Jesus se keuse nie. “Wat vang hy aan? Hoekom gaan bly hy by die grootste skelm in die dorp?” Maar Saggeus se lewe het daardie dag heeltemal verander. Hy het voor die Here gaan staan en vir Hom gesê: “Kyk, van nou af gaan ek anders lewe. Daarom gee ek nou die helfte van alles wat ek besit vir die armes. In die verlede het ek baie mense verkul met geld. Maar ek gaan daardie geld vierdubbel aan hulle terugbetaal.” Jesus sê toe: “Vandag het God jou lewe splinternuut gemaak omdat jy My in jou huis toegelaat het. Jy tel nou ook onder die kinders van Abraham. Almal wat in My glo, is sy nageslag.
Lees Lukas 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 19:1-9
7 Days
Ready to grow as a leader? Craig Groeschel unpacks six biblical steps anyone can take to become a better leader. Discover a discipline to start, courage to stop, a person to empower, a system to create, a relationship to initiate, and the risk you need to take.
Are you ready to start a life-changing journey? Walk with Jesus through Luke nineteen to twenty-four. Witness the establishment of God’s Kingdom on earth and Jesus’s final days on earth. Discover who Jesus is, why he came to earth, what his message was, and what he wants you to do. Your discovery will impact your family, friends, and community.
A blind beggar crying out desperately by the side of the road, an immoral woman despised as dirty by polite society, a corrupt government employee hated by all – how could any of these people from society’s fringes hope to connect with a holy God? Based on insights from the book of Luke in the Africa Study Bible, follow Jesus as he bridges the gap between God and the marginalized.
7 Dae
Stephan Joubert kom herinner jou vandag dat ons nie net vir onsself moet leef nie. Ons moet ’n hart soos Jesus s’n hê! Plaas jou hart vandag in die Heer se hand. Vra Hom om sy hart altyd in jou binneste te laat klop. Vra Hom om sy eie hart van geregtigheid en integriteit voortdurend in jou lewe sigbaar te maak vir dié om jou.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's