Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 19:1

Ses Stappe Tot Suksesvolle Leierskap
7 Dae
Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te bemagtig, om 'n stelsel te skep, 'n verhouding te begin en die risiko wat jy moet neem.

Lukas-reeks — Dis Nou Tyd
7 Dae
Is jy gereed om 'n lewensveranderende reis te begin? Wandel saam met Jesus deur Lukas negentien tot vier-en-twintig. Beleef die vestiging van God se Koninkryk op aarde en Jesus se laaste dae op aarde. Vind uit wie Jesus is, waarom Hy aarde toe gekom het, wat sy boodskap was en wat Hy wil hê jy moet doen. Jou ontdekking sal jou familie, vriende en gemeenskap beïnvloed.

Volg Jesus Ons Middelaar
7 Dae
'n Blinde bedelaar wat desperaat langs die pad uitroep, 'n sedelose vrou wat deur die beleefde samelewing as vuil verag word, 'n korrupte regeringsamptenaar wat deur almal gehaat word — hoe sou enige van hierdie mense, op die randjie van die samelewing, kan hoop om met 'n heilige God in verbinding te tree? Gebaseer op insigte uit die boek Lukas in die Africa Study Bible, volg ons Jesus terwyl Hy die gaping tussen God en die gemarginaliseerdes oorbrug.

'n Hart soos Jesus s'n
7 Dae
Stephan Joubert kom herinner jou vandag dat ons nie net vir onsself moet leef nie. Ons moet ’n hart soos Jesus s’n hê! Plaas jou hart vandag in die Heer se hand. Vra Hom om sy hart altyd in jou binneste te laat klop. Vra Hom om sy eie hart van geregtigheid en integriteit voortdurend in jou lewe sigbaar te maak vir dié om jou.

Vrug: 'n Onvergeetlike lewe
10 dae
Die Vrug van die Gees is ‘n studie wat ons begelei na ‘n ontdekking van God se karakter en hoe dit in ons lewens realiseer. Dit is eerstens die studie van Jesus se karakter. Dit is deur die Heilige Gees wat hierdie vrugte in ons wil groei tot dit ons mees natuurlike manier van lewe word. Hierdie ontdekkingsreis gaan jou begelei om ten volle in jou ware identiteit te leef.

Deel Jesus met Vertroue
10 dae
Deel die Goeie Nuus van Jesus! "Dit is nie so maklik nie," sal jy dalk sê. Maar dit is ons opdrag — Jesus het daardie opdrag uitgeleef en oorgegee aan sy volgelinge. In hierdie 10-dag leesplan wil Willie Robertson jou inspireer, toerus en uitdaag om iemand te word wat Jesus se evangelie met vertroue aan ander uitdra en gereed is wanneer jy die geleentheid kry.

Ontdek jou Finansiële Pad
28 Dae
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning