Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here sy omstandighede verander. Die Here het hom twee keer soveel gegee as wat hy vroeër gehad het. Job se familie en vriende het na sy huis toe gekom en hulle het saam met hom geëet. Hulle het vir hom kom sê hoe jammer hulle is oor alles wat die Here hom laat deurmaak het. Hulle het hom getroos en moed kom inpraat. Hulle het ook elkeen vir hom presente gebring. Hulle het vir hom geld en goue ringe gegee. Die Here het gesorg dat dit baie beter met Job gegaan het in die tweede deel van sy lewe as in die begin. Hy het nou sommer baie vee gehad. Daar was 14 000 skape, 6 000 kamele, 1 000 spanne osse en 1 000 donkies. Hy het ook weer vir Job sewe seuns en drie dogters gegee. Hy het die eerste dogter Jemima genoem, die tweede Kesia en die derde een Keren-Puk. Job se drie dogters was die mooiste van al die vroue in die hele land. Hulle sou net soos hulle broers erf die dag as hulle pa doodgaan. Job het nog 140 jaar geleef. Hy het vier geslagte van sy kinders, kleinkinders en agterkleinkinders gesien.
Lees Job 42
Deel
Vergelyk alle weergawes: Job 42:10-16
7 Days
We live for a God who isn't ashamed of who we are, nor the things we’ve been through. There are some situations that can make you feel that way. So, whether you were abused sexually, physically, emotionally, or mentally this devotional is for you. I was molested for 10 years. But I received healing! I want to help you do the same.
It weighs you down. It keeps people out. It’s heavy and painful—it’s the grudge. Many of us may not realize it, but we’re carrying grudges that need to come out of darkness and into the light. Learn how you can find freedom through forgiveness in this 7-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, The Grudge.
World headlines and personal struggles can leave you feeling weary and anxious, but nothing is new to God. People in Biblical times often felt the same way. This 7 day Bible reading plan from bestselling author Jack Countryman focuses on seven ways in which God provides the same hope to His children today that He provided countless times to heroes in the Bible.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's