Omtrent ’n week later was Jesus se getrouste vriende weer almal bymekaar. Hierdie keer was Tomas ook daar. Hulle het weer seker gemaak dat al die deure gesluit was. Skielik was Jesus weer daar by hulle. Net soos die vorige keer groet Hy hulle: “Vrede vir julle.” Hy sê toe vir Tomas: “Bring jou vinger. Kyk na my hande. Kom, sit jou hand hier op die wond in my sy. Moenie twyfel dat dit regtig Ek is nie. Aanvaar dit!” Oorweldig sê Tomas: “My Here en my God!” Jesus sê vir hom: “Is jy oortuig omdat jy My gesien het? Wel, die mense wat My nie soos jy sal sien nie, maar My tog met oorgawe sal aanvaar, gaan van geluk oorloop.” Nie alles wat Jesus gedoen het, is hier neergeskryf nie. Hy het nog baie ander en verskillende wonderlike dinge gedoen om te wys wie Hy regtig is. Sy volgelinge het dit alles gesien. Dit wat in hierdie boek geskryf is, is met ’n spesifieke doel gedoen. Dit is geskryf sodat julle geen oomblik hoef te twyfel dat Jesus die Redder, ja, die Seun van God is nie. Julle kan dit maar volledig aanvaar. En hierdie woorde wil julle ook oortuig dat julle vir ewig gaan leef omdat Jesus dit vir julle moontlik gaan maak.
Lees Johannes 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 20:26-31
5 Days
In times of uncertainty, it can be easy to feel overwhelmed. The news, social media, and the people around us can make us feel anxious or worried when impacting events happen. In times when it doesn’t seem like we have any control over things, we can find a place of comfort and peace in God’s Word.
7 Days
Are you struggling with heartache, doubt, or doubting God's goodness through a life storm? Are you experiencing apathy or distraction in your spiritual walk? This 7-Day reading plan will help to reveal any doubt you may hold in your heart and will help you to use doubt as a signal to grow closer to God's heart.
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.
Every day, we make choices that shape our life story. What would your life look like if you became an expert at making those choices? In the Divine Direction Bible Plan, New York Times bestselling author and Senior Pastor of Life.Church, Craig Groeschel, encourages you with seven principles from his Divine Direction book to help you find God’s wisdom for your daily decisions. Discover the spiritual direction you need to live a God-honoring story you’ll love to tell.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's