Ek gaan mos nou nie meer langer fisiek hier op die aarde bly nie. Ek is op pad terug na U toe, maar hulle gaan fisiek hier op die aarde agterbly. Vader, daar is niemand soos U nie. Daarom vra Ek U, kyk asseblief na hierdie mense wat Ek tot nou toe versorg het. U het die gesag om hulle te beskerm. Die gevolg sal wees dat hulle soos een man sal saamwerk, net soos U en Ek saamwerk. Toe Ek by hulle was, het Ek mooi gekyk na die mense wat U aan My gegee het om na te kyk. Ek het hulle soos goud opgepas. Nie een van hulle het die spoor byster geraak nie. (Ek praat natuurlik nie van Judas wat hand om die lyf met Satan loop nie. Dat hy sou afdwaal, het die Skrif lankal gesê.) Ek is nou op pad terug na U toe. Daarom gesels Ek met my volgelinge oor al hierdie dinge terwyl Ek nog by hulle is. Dan kan hulle saam met My bly wees oor alles wat gebeur. Ek het hulle alles vertel wat U wou gehad het hulle moet weet. Die ongelowige mense hou natuurlik niks van hulle nie. Gelowiges is mos nie soos ongelowiges nie. Hulle is anders as die sondige mense van hierdie wêreld, net soos Ek anders is. Ek vra nie dat U hulle van die sondige mense af weghou nie. Net so min as wat Ek my wil ophou met die dinge van die sondige mense, sal hulle dit wil doen. Hulle is nie soos die sondige mense nie. Wat Ek wel vra, is dat U hulle uit die grypende kloue van die duiwel en al sy boosheid sal hou. Laat hulle besef dat hulle spesiaal aan U behoort omdat hulle in niks anders as die waarheid belangstel nie. “Hulle weet wat die waarheid is, want hulle ken u boodskap. Daarom stuur Ek hulle na die sondige mense in die wêreld toe met daardie boodskap. “Ek stuur hulle met dieselfde doel en opdrag as waarmee U My gestuur het. Ek wy My nou geheel en al aan U toe sodat hulle daarby kan baat vind. Hulle sal dan ook geheel en al aan U toegewy wees omdat hulle hulle bes probeer vir wat waar en eg is.” “Ek bid nie net vir hierdie volgelinge van My nie. Ek stuur hulle mos om met mense oor My te gaan praat. Van daardie mense sal my volgelinge se boodskap aanvaar en hulle aan my kant kom skaar. Vir hulle bid Ek ook! Vader, gee dat hulle in lojaliteit teenoor mekaar soos een man sal saamstaan. Vader, U weet hoe heg en intiem ons verhouding met Mekaar is. Ons belange, denke en dade is totaal een. Gee asseblief dat hulle verhouding onder mekaar en veral met Ons net so heg en intiem sal wees. As die mense in hierdie wêreld sien hoe die gelowiges saamstaan en saamwerk, sal hulle oë daarvoor begin oopgaan dat U My na hulle toe gestuur het. Ek sal vir hierdie volgelinge van My dieselfde status gee as wat U vir My gegee het. Dit sal hulle in ’n span saamsnoer net soos Ons in ’n span saamwerk. My verhouding met hulle sal My op ’n baie hegte manier deel maak van die eenheid wat onder hulle bestaan. Ek sal so lojaal teenoor hulle wees as wat U teenoor My is. Dit alles beteken dat hulle foutloos, ja, volmaak, in hierdie eenheid saamgesnoer sal wees. Gevolglik sal die mense besef dat U My gestuur het. Hulle sal sien dat U my volgelinge net so liefhet soos U My liefhet. “Vader, Ek wil so graag my volgelinge hier by My hê. Hulle moet wees waar Ek is. U het mos gesê dat Ek na hulle moet kyk. Laat hulle tog sien watter wonderlike en belangrike status U My gegee het. U het dit gedoen omdat U My liefgehad het nog voordat die aarde gemaak is. Vader, U doen wat reg en regverdig is. Die ongelowige mense weet nie wie U is nie en steur hulle ook nie aan U nie. Dit is so anders as Ek wat U goed ken. My volgelinge weet dat U My na hulle toe gestuur het. Ek het hulle mooi vertel wie en hoe U presies is, en Ek is nog nie klaar nie; Ek sal nog verder met hulle daaroor praat. Dan sal hulle iets van u liefde begryp. Hulle sal verstaan hoe lief U My het en wat dit beteken. Dit alles sal deel word van hulle lewe soos Ek deel van hulle lewe is.”
Lees Johannes 17
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 17:11-26
5 Days
Worship is not just a service on Sunday mornings or Wednesday evenings or when we gather with other believers. God is inviting us into a life of worship. Join us for a discovery of what it means to really worship God and how to do it. You will be praising God by the end of this plan.
6 days
We are overstressed. Culture tells us to combat our stress by chasing the next happy moment. But the Bible paints a different picture. This six-day plan will show you how you can practically combat your daily stress by making Biblical joy a habit.
6 Days
Prayer is a mystery. How do we pray? What do we pray for? If God already knows everything, why do we pray? We know prayer is a crucial aspect of the life of a Christian, but it is often a challenge. Going through the example that Jesus gave us in the Lord’s Prayer, we will explore different elements of prayer and discover ways to develop our own prayer life.
7 Dae
Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help om jou vertroue in die Here te herwin en jou geloof versterk in die wete dat die Here jou werklik liefhet.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's