Laat Ek julle so ’n bietjie meer vertel. Dan sal julle beter verstaan. Julle gaan eers baie hartseer wees; so hartseer dat die trane oor julle wange gaan loop. Dan gaan die ongelowiges hande klap van blydskap. Maar julle gaan nie lank hartseer bly nie. Elke stukkie hartseer sal in ’n stuk blydskap en vreugde verander. Weet julle hoe dit gaan wees? Dit sal wees soos ’n vrou wat ’n baba kry. Terwyl sy besig is om die baba te kry, is dit baie seer. Maar as die baba eers eenmaal daar is, is sy die ene glimlag en blydskap oor haar kind. Sy dink nie eens weer aan al die pyn nie. Net so is dit met julle. Julle voel nou baie hartseer omdat Ek weggaan. Maar na ’n rukkie sal julle My weer sien. Dan sal daar geen keer wees aan julle blydskap nie. Niemand sal julle meer hartseer kan maak nie. Wanneer dit eers gebeur, sal van al julle vrae nie een meer oorbly nie. Luister mooi. Julle sal ander dinge begin vra. Wat julle ook al van my Vader vra om my saak in hierdie wêreld te bevorder, sal God vir julle gee. Tot nou toe het julle nog nooit so iets gevra nie. Neem vrymoedigheid en vra! Julle blydskap sal geen einde hê nie.” “Ek gebruik heelwat beelde om alles te verduidelik. Oor ’n ruk sal dit nie eens meer nodig wees nie. Ek sal sommer reguit vir julle kan sê wat Ek bedoel wanneer Ek oor my Vader praat. Julle sal dan ook reguit met die Vader kan praat omdat julle my vriende is. Ek sal dan nie meer nodig hê om allerhande dinge vir julle by die Vader te vra nie. Hy voel oor julle net soos Ek oor julle voel. Hy het julle lief. Hy voel so oor julle omdat julle my goeie vriende is. Julle het aanvaar dat Ek van God af kom. Dit is wat gebeur het: Ek het van my Vader af na julle mense toe gekom. Nou gaan Ek van julle af terug na my Vader toe.” “Nou praat U reguit, op die man af, sonder allerhande beelde,” sê sy volgelinge. “Ons besef al hoe meer hoeveel U weet. Ja-nee, wat daar te wete is, weet U. U hoef nie by ander mense te gaan aanklop nie. Watter beter bewys is daar dat U regtig van God af kom? Ons is in alle geval seker daarvan.” Jesus sê toe: “Is julle regtig so seker van julle saak? Oppas, die tyd kom nou vir My nader - wag, dit is eintlik nou al hier. Julle sal van skrik alles los en weghardloop. Sonder om links of regs te kyk sal julle net maak dat julle by die huis kom. En die ergste is, julle gaan My net so alleen los. Maar heeltemal alleen sal Ek nooit wees nie. My Vader is en bly altyd by My. Ek vertel hierdie dinge vir julle met ’n goeie rede. As my vriende kan julle maar rustig wees oor alles. Die ongelowiges sal alles wel vir julle probeer moeilik maak. Moenie dat hulle julle ontstel nie. Troos julle daaraan: Ek het bewys dat Ek sterker is as enigiets of enigiemand in hierdie wêreld. Ek en niemand anders nie is die regte Wenner.”
Lees Johannes 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 16:20-33
5 Days
Hurry doesn’t just make you weary. It is the great enemy of your spiritual life. In The Ruthless Elimination of Hurry, John Mark Comer provides four down-to-earth practices for staying emotionally healthy and spiritually alive: 1) Silence and solitude, 2) Sabbath, 3) simplicity, and 4) slowing. It’s the unhurried Way of Jesus.
6 days
We are overstressed. Culture tells us to combat our stress by chasing the next happy moment. But the Bible paints a different picture. This six-day plan will show you how you can practically combat your daily stress by making Biblical joy a habit.
7 days
What if there’s a better way to fight the endless worries that keep you up at night? Real rest is available—maybe closer than you think. Replace panic with peace through this 7-day Bible Plan from Life.Church, accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series Anxious for Nothing.
7 Days
Most of us try to avoid or ignore our emotions. We might even wonder if our faith and our feelings are enemies. But during His time on earth, Jesus felt emotions deeply. He wasn’t distant from us. He’s with us—even in our emotions. In this 7-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s series, Emotions, we’ll look at how Jesus lived to discover how our feelings might increase our faith.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's