Jeremia 3:19-20

Jeremia 3:19-20 DB

“Ek het by Myself gedink: Ek sal daarvan hou om julle soos my eie kinders te behandel. Ek sou graag hierdie mooi land vir julle wou gee. Nie een van die nasies se grondgebied is naastenby so mooi soos hierdie land nie. Verder wou Ek baie graag hê dat julle vir My ‘Vader’ moes sê en nooit weer die rug vir My sou draai nie. Maar soos dit soms met getroude mense in ’n huwelik gaan waar een van hulle die ander een kul, so het julle ook met My gemaak, Israel,” sê die Here.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid