Liewe broers en susters, moenie lelik praat van mekaar nie. Iemand wat oor sy mede-Christen skinder of sê hy is sleg, maak eintlik God se wil sleg en praat teen die wet van God. As jy sê God se wil is sleg, doen jy mos nie wat God wil hê nie. Dan hou jy jou belangriker as sy wet. Daar is net een Persoon wat belangriker is as die wet en dit is die Een wat die wet gemaak het. Hy alleen kan besluit wie vrygespreek word en wie veroordeel word. Wie is jy nou miskien om te maak of jy kan oordeel of iets kan sê oor jou medemens? Kom nou; luister ’n bietjie na julleself. Julle sê: “Ons gaan sommer nou of miskien môre na daardie stad toe. Daar gaan ons ’n jaar bly. Ons gaan lekker besigheid doen en sakke vol geld maak.” Sê my, weet jy presies wat môre gaan gebeur? Kan jy dit regtig sê? Dink maar aan die lewe. Dit is so onseker en kortstondig. Dit is soos weerlig wat slaan. Die een oomblik is dit helder daar, maar die volgende oomblik is dit weg. Erken liewer dat die Here julle hele lewe beheer. Sê liewer: “As ons môre nog leef, sal ons dit of dat doen. Maar dit hang eintlik alles maar van die Here af.” Julle praat egter so groot asof alles net van julle alleen afhang. Dit is verkeerd, hoor! Die Here hou nie daarvan nie. As julle dan weet wat reg is om te doen en julle steur julle nie daaraan nie, leef julle nie soos die Here dit wil hê nie.
Lees Jakobus 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jakobus 4:11-17
7 Days
That perfect relationship you admire one image at a time may not be so picturesque in real life. Right? So, what kind of relationship goals actually work? This Life.Church Bible Plan, written by people ranging from long-married, to single, to newlyweds, will point to the kind of love God can offer for all our relationships.
Being human is hard. Being in relationships with other humans is even harder. Whether navigating political or religious differences, dealing with toxic people or our own unforgiveness, how do we handle the struggles no one really wants to talk about? Come Sit with Me will show how you can grow closer to God and others through the circumstances you’d rather run from. Discover the hope and freedom that comes when you learn to delight in your differences, love through your disagreements, and even live with discomfort.
11 Days
Author and pastor Craig Groeschel helps men uncover who they really are—a powerful man with a warrior heart. This 11-day plan examines the life of Samson—a strong man with glaring weaknesses. Fight to become who God made you to be. Don’t just fight like a man. Fight like a man of God.
18 Dae
As jy 'n gelowige in Jesus Christus is, dan moet jou optrede jou nuwe lewe weerspieël; stel jou geloof in aksie. Reis daagliks deur Jakobus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's