Vir wat stry en baklei julle so? Wat is verkeerd? Is dit nie omdat elkeen altyd net aan homself dink nie? Kom dit nie van daardie gevoel dat net wat vir jou lekker of belangrik is, saak maak nie? Dit is maar hoe ons as mense is. Julle wil gedurig allerhande dinge hê. As julle dit nie kry nie, is die duiwel los. Dan wil julle sommer moord pleeg. Julle gaan omtrent dood van jaloesie omdat iemand anders dit het. Op dié manier kan julle dit natuurlik nie kry nie. Om te baklei en mekaar te wil vernietig gaan julle niks in die sak bring nie. Julle het nie al daardie dinge nie, omdat julle dit op die verkeerde manier wil kry. Hoekom vra julle nie ’n slag opreg vir God nie? Julle sê dalk: “Ja, ons bid tog, maar God gee nie vir ons wat ons vra nie.” Daar is ’n goeie rede voor: julle motiewe is verkeerd. Julle vra die goed van God sodat julle dit soos stout kinders net vir julleself kan hê. Dit gaan net om julleself en om niemand anders nie. So draai julle die rug vir God en vry na die sonde. Besef julle nie dat om gedurig die verkeerde dinge te doen wat so eie aan ons as mense is, beteken om teen God te draai en sy vyand te word nie? Julle het ’n keuse. Julle kan kies om soos die mense te leef wat God nie ken nie, maar dan kies julle ook om God se vyand te word.
Lees Jakobus 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jakobus 4:1-4
5 Days
Just as a physically unhealthy heart can destroy your body, an emotionally and spiritually unhealthy heart can destroy you and your relationships. For the next five days, let Andy Stanley help you look within yourself for four common enemies of the heart — guilt, anger, greed, and jealousy — and teach you how to remove them.
14 Days
Scriptures say that God’s values are different from the world’s. This is evident in the area of wealth and possessions. God whispers, “I am enough. Do not seek joy or security in anything else. You’ll be more fulfilled owning less.” Minimalism, the act of purposefully owning less is about more than decluttering. It offers a path to optimizing our life under God.
Often, we are tempted to only take prayer requests to God that have a precedence in history of being answered. But God waits to propel our situations into ground-breaking, history-making miracles, if only we have the faith to ask for that which is infinitely above and beyond human reach. Struggling to make some wild prayers? If that’s the case, this 14-day journey is for you.
18 Dae
As jy 'n gelowige in Jesus Christus is, dan moet jou optrede jou nuwe lewe weerspieël; stel jou geloof in aksie. Reis daagliks deur Jakobus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's