Jakob het Berseba verlaat en Haran toe gegaan. Teen die aand se kant het hy by ’n plek gekom en besluit om sommer daar te oornag. Hy het een van die klippe wat daar rondgelê het, geneem en dit as kussing gebruik. Toe het hy net daar gaan lê en aan die slaap geraak. Wat ’n droom het hy nie gehad nie! Daar was ’n baie lang leer, van die grond tot bo by die hemel. Die engele van God het op en af met die leer geklim. Skielik het die Here daar by hom gestaan en met hom gepraat: “Jakob, Ek is die Here, die God van jou oupa Abraham en jou pa, Isak. Die grond waarop jy nou lê en slaap, sal Ek eendag vir jou en jou nageslag gee. Jou nageslag sal so ontelbaar wees soos die stof van die aarde. Hulle sal ook oral oor die aarde wees, in die weste en die ooste, in die noorde en die suide. Oor die hele wêreld sal dit met mense goed gaan omdat hulle deel van jou en jou nageslag is. Onthou een ding, Jakob: Ek is by jou. Ek gaan saam met jou waar jy ook al gaan. Eendag sal Ek jou weer na hierdie plek en hierdie land terugbring. Ek sal jou nie los voordat Ek al my beloftes aan jou waar gemaak het nie.” Jakob het wakker geskrik en verdwaas om hom rondgekyk. Hy sê toe: “Die Here is op hierdie plek. Hy bly hier en ek het dit nie eens geweet nie.” Vreesbevange sê hy toe: “Dis ’n verskriklike plek hierdie. Dis niks anders as die Here se blyplek nie. Daar waar ek geslaap het, begin die poort na die hemel toe.” Vroeg die volgende oggend het Jakob sy klipkussing gevat en dit regop gesit. Dit het toe soos ’n pilaar gelyk en hy het olie daarop uitgegiet. Jakob het die naam van die plek verander. Voorheen is die dorp Lus genoem, maar hy het dit na Bet-El verander. Dit beteken “Huis van God”. Jakob het ook ’n gelofte afgelê: “As God werklik by my sal wees, my op die pad na Paddan-Aram sal beskerm, my kos en klere sal gee
Lees Genesis 28
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 28:10-20
5 Days
Be still. For some, these two simple words are a welcome invitation to slow down. For others, they feel impossible, out of reach in our increasingly noisy world, or simply just too hard to maintain. Brian Heasley demonstrates how we don’t need to be static for our hearts to be still, and how even in the midst of a full, busy life, we can spend quiet time with God.
7 dae
Uit die Beek se tekskeuse vir elke dag is grootliks op die "Revised Common Lectionary" gebaseer. Dit maak hierdie dagboek geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag jy die Here leer ken soos Hy werklik is.
7 Days
There are times we have a promise from God, but we don’t see our life lining up with the promise God has given us. Or there are times we reach a crossroads in our life, relying on God to speak direction into our lives, and we only hear silence. This 7-day devotional will speak to your heart about how to move in God’s Will when God seems to be quiet.
12 Days
Conversations With God is a joyous immersion into a more intimate prayer life, emphasizing practical ways to hear God's voice. God wants us to enjoy a running conversation with Him all of our lives—a conversation that makes all the difference in direction, relationships, and purpose. This plan is filled with transparent, personal stories about the reaching heart of God. He loves us!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's