God het mos self besluit om volledig by sy Seun te wees. Hy het daarvoor gesorg dat alles in die skepping weer in die regte verhouding met Hom gestel word. Hy is mos die doel waarom alles geskep is. Dit het Hy gedoen deur die onderlinge verhoudings in die skepping weer reg te stel, of dit nou op die aarde of in die hemel is. Dit het nie sommerso gebeur nie. Dit was duur. Dit het Hom sy bloed gekos wat aan die kruis geloop het. Julle onthou mos hoe julle voorheen op die verkeerde pad was. Julle was nie God se vriende nie; inteendeel, julle was sy vyande. Julle slegte gesindheid het veroorsaak dat julle net so sleg opgetree het. Maar dinge het nou verander. Die Seun het vrede kom maak tussen God en julle. Juis daarom het hulle Hom liggaamlik doodgemaak. Sy doel was egter om so van julle iets besonders te maak. Hy wil dit so bewerk dat julle God heeltemal tevrede sal stel sodat daar niks in julle is waarvan God nie hou nie. Julle moet egter net vas bly glo. Staan vas soos ’n huis op stewige fondamente, onbeweeglik soos ’n paal wat diep ingekap is. Moenie ’n duim afwyk van die evangelie waarvan julle so oortuig geraak het nie. Dit is die evangelie wat oor die hele wêreld aan mense verkondig word. Met al my tyd en energie werk ek, Paulus, vir hierdie evangelie. Ek loop nie met ’n lang gesig rond oor al die swaarkry en lyding wat my oorgekom het nie. Inteendeel, ek is bly daaroor, want julle vind ook baat daarby. Julle weet hoe Christus vervolg is. Wel, hierdie vervolging teen Hom het nog glad nie opgehou nie. Ek self loop nog net so onder fisieke vervolging deur. Vir die kerk, die liggaam van Christus, doen ek dit. Met alles wat ek het, werk ek vir die evangelie. God self het my daarvoor aangestel. Op my skouers rus die verantwoordelikheid om die boodskap van God van begin tot end aan julle te verduidelik. God het ’n geheim gehad. Baie eeue en geslagte lank het niemand geweet wat dit is nie. Maar die geheim is nou bekend. God het besluit om aan sy eie mense die geheim te vertel. Hulle weet nou hoe ongelooflik wonderlik hierdie geheim is, veral vir nie-Jode. Die geheim is dit: Christus is vir almal, ook vir julle. Op Hom kan julle met vertroue staatmaak. Hy sal vir julle die wonderlike dinge gee wat ’n mens net by God kan kry. Die inhoud van ons verkondiging gaan juis oor Christus. Ons praat reguit met almal oor Hom en leer hulle alles wat hulle van God en hulleself af moet weet. Ek wil hê dat elke mens die goddelike doel in sy lewe moet bereik. Dit is alleen moontlik deur ’n intieme verhouding met Christus. Daarvoor gee ek alles. Ek werk hard en doelgerig daarvoor soos iemand wat in ’n resies alles uithaal. Die krag om dit te doen kom van Jesus af.
Lees Kolossense 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Kolossense 1:19-29
4 Dae
Die meeste van ons is nie vertroud met die rol van ʼn hoofpriester nie, so wanneer Jesus so beskryf word in die Woord kyk ons dit maklik mis – dit is net nog een van sy vele titels. Godfrey Mmagawo sien dit egter heeltemal anders. In hierdie 4-dag leesplan verduidelik hy hoe ʼn skynbaar onbelangrike stukkie Joodse kultuur groot implikasies het vir hoe ons deesdae met kultuur omgaan.
5 Days
In Isaiah 9:6, we see that Jesus is our Wonderful Counselor, Mighty God, Everlasting Father, and Prince of Peace. In this 5-Day Plan, we'll celebrate the arrival of Jesus by learning about His different names, and how they apply to our lives today.
5 dae
Daar was nog nooit ʼn meer indrukwekkende persoon as Jesus van Nasaret nie. Is Hy egter genoeg? Genoeg vir jou redding, jou karakter, jou lewensdoel? Genoeg vir jou hele lewe? In hierdie vyf-dag leesplan gebruik Jo Ströhfeldt Paulus se woorde in die boek Kolossense om ons te herinner dat alles verander wanneer ons Jesus die middelpunt van alles maak.
6 Days
Now, more than ever, we are faced with everyone’s life as they want it to be seen, and the comparison to our own lives stirs up envy. You do not want this spirit festering in you, but what about the damage envy causes when it is coming against you from another person? In this reading plan, you will discover how to overcome envy, safeguard your heart, and walk in freedom.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's