2 Petrus 3:14-16

2 Petrus 3:14-16 DB

My liewe broers en susters, omdat julle uitsien na alles wat in God se nuwe wêreld op julle wag, moet julle julle bes doen om so te leef dat julle God se hart altyd bly maak. Daar moenie eens ’n vuil kolletjie sonde in julle lewens te sien wees nie. Sorg dat julle eendag in vrede voor Hom kan staan, sonder enige skuldige gewetens. Die Here is baie geduldig met ons. Gelukkig! Hy gee ons nog ’n kans om ons lewens behoorlik reg te kry. Kom ons gryp dit met albei hande aan. Dit is presies wat Paulus, daardie broer van ons vir wie ons almal so lief is, ook vir julle geskryf het. In al sy briewe wat oor die wederkoms handel, skryf hy oor hierdie dinge. Nou ja, ek moet erken dat sommige van die dinge wat Paulus skryf moeilik is om te verstaan. Daarom dat daardie dwase wat nie begryp waaroor dit alles gaan nie, sy woorde so maklik verdraai. Maar dit is niks vreemds nie, want hulle verdraai die hele Bybel. Daarom wag daar groot moeilikheid op hulle.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid