Van Paulus en Silvanus en Timoteus. Ons groet julle almal daar in die kerk in Tessalonika. Julle ken God as Vader en julle glo in die Here Jesus Christus. Mag julle elke dag God se goedheid beleef. En mag julle ook sy vrede in julle lewe ervaar. Elke keer wanneer ek met God oor julle elkeen praat, is daar net een woord op my lippe: Dankie! Ek vertel oor en oor vir God ons Vader hoe julle julle geloof uitleef in alles wat julle doen. Julle liefde vir ander mense vra baie groot opofferings van julle. En julle hou ook onverskrokke vas aan ons Here Jesus Christus se beloftes dat Hy terugkom. My broers en susters, julle doen al dié wonderlike dinge omdat God julle baie liefhet. Hy het julle uitgekies om sy kinders te wees. Die goeie nuus oor Christus wat ons daar by julle gepreek het, was nie maar net ’n klompie mooi woorde nie. Nee, die Heilige Gees het ons prediking kragtig in julle lewens gebruik. Hyself het julle oortuig om in Christus te glo. Julle onthou nog baie goed hoe ons daar by julle opgetree het. Julle weet mos dit het net oor julle redding gegaan, oor niks anders nie! Julle het gou-gou ons voorbeeld begin volg. Daarom is julle nou, net soos ons, volgelinge van die Here. Ek weet dit was glad nie vir julle maklik om Christene te word nie. Onder baie moeilike omstandighede het julle begin glo. Tog het julle die goeie nuus met groot blydskap aanvaar. Dit is net die Heilige Gees wat sulke blydskap in ’n mens se lewe kan bring. Julle is ’n voorbeeld vir al die ander Christene in die Romeinse provinsies Masedonië en Agaje, want van julle af is die woord van die Here oral in dié twee provinsies versprei. Ja, nie net daar nie, maar sommer op baie ander plekke het ander mense gehoor van julle geloof in God. Ek het nie genoeg woorde om vir julle te sê hoe bly ek hieroor is nie! Oral waar ek kom, praat die mense oor hoe hartlik julle ons ontvang het. Hulle vertel vir ons dat julle al julle dooie afgode laat staan het om die lewende en enigste ware God te dien. Die mense vertel ook dat julle baie uitsien na die dag dat Jesus uit die hemel na ons toe sal terugkeer. Jesus is God se eie Seun. God self het Hom uit die dood laat opstaan. Net Jesus kan ons red van die oordeel van God op die laaste dag.
Lees 1 Tessalonisense 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Tessalonisense 1:1-10
15 Dae
“Het jy gehoor Jesus kom terug?” – dit is die herinnering in hierdie eerste brief aan die Tessalonisense, wat almal uitdaag om “nog meer uit te blink” in geloof, hoop en liefde. Reis daagliks deur 1 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
21 Days
Oftentimes we struggle to share the gospel with our friends. Either we are overcome with fear or don't know what to share. We all need a burden to reach our lost friends for Christ. This is a 21-day Bible reading plan that helps us meditate specifically on passages related to evangelism and is accompanied by a short prayer for each day for our friends.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's