Paulus, Silvanus en Timoteus, aan die •gemeente van die Thessalonisense, in God die Vader en die Here Jesus •Christus: Genade vir julle en vrede. Ons dank God altyd oor julle almal wanneer ons aan julle dink in ons gebede. Voor God ons Vader onthou ons onophoudelik die uitwerking van julle geloof, die moeitevolle inspanning van julle liefde, en die standvastigheid van julle hoop op ons Here Jesus Christus. Broers, julle vir wie God liefhet, ons weet van julle verkiesing; want ons evangelie het nie alleen deur die woord nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en in volle versekering na julle gekom. Net so weet julle hoe ons optrede by julle was: tot julle voordeel. En julle het ons voorbeeld gevolg en dié van die Here, nadat julle die woord, ten spyte van groot verdrukking, met blydskap van die Heilige Gees ontvang het, met die gevolg dat julle 'n voorbeeld vir al die gelowiges in Macedonië en Agaje geword het. Die woord van die Here het immers van julle af, nie net in Macedonië en Agaje weerklink nie – julle geloof in God het inderdaad na elke plek versprei. Gevolglik het ons nie nodig om meer iets daaroor te sê nie. Hulle self vertel oor ons van die besondere ontvangs wat ons by julle gekry het: Hoe julle omgedraai het na God, weg van die afgode, om die lewende en ware God te dien, en om sy Seun wat Hy uit die dode opgewek het, uit die hemel te bly verwag – Jesus, wat ons red uit die oordeel wat kom.
Lees 1 Thessalonisense 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Thessalonisense 1:1-10
15 Dae
“Het jy gehoor Jesus kom terug?” – dit is die herinnering in hierdie eerste brief aan die Tessalonisense, wat almal uitdaag om “nog meer uit te blink” in geloof, hoop en liefde. Reis daagliks deur 1 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
21 Days
Oftentimes we struggle to share the gospel with our friends. Either we are overcome with fear or don't know what to share. We all need a burden to reach our lost friends for Christ. This is a 21-day Bible reading plan that helps us meditate specifically on passages related to evangelism and is accompanied by a short prayer for each day for our friends.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's