Die Skrif sê: “Julle moet niks met die sonde te doen hê nie, want God het niks daarmee te doen nie.” Julle ken mos julle Vader met wie julle so in gebed praat. Hy trek niemand voor nie. Wat vir Hom saak maak, is of iemand vir Hom leef of nie. Laat julle hele lewe dus vertel van die respek wat julle vir God het. Julle is nie mense wat net vir hierdie wêreld leef en vir wat julle daaruit kan kry nie. Dinge het mos heeltemal vir julle verander. Vroeër was julle, soos julle voorouers, mense wat in ’n geestelike tronk gesit het. Soos mense vasgevang agter tralies het julle ’n doellose en leë lewe gelei. Toe het Jesus die boete kom betaal wat die geestelike tronkdeure vir julle laat oopswaai het. Julle kon weer regtig begin lewe. Hy het nie die boete met goud of sakke vol geld betaal nie, want sulke goed sal later hulle waarde verloor. Nee, Hy het met sy eie bloed betaal, en wat ’n groot prys was dit nie! God self het baie lank terug, voor die wêreld nog gemaak is, besluit dat Jesus dit sou doen. Hy moes die volmaakte Lam vir die perfekte offer wees, sonder enige fout. ’n Beter offer kan daar nie wees nie. Julle het nou die voorreg om te sien hoe God sy plan hier aan die einde ter wille van julle uitvoer. Julle kan op God vertrou, omdat julle gesien het wat Hy vir Jesus gedoen het. Hy het Jesus uit die dood opgewek en aan Hom eer en baie hoë status gegee. Net God kan dit doen. Julle kan God dus vertrou. Julle kan maar seker weet dat Hy dit alles iewers in die toekoms ook met julle sal doen.
Lees 1 Petrus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Petrus 1:16-21
5 Days
This Life.Church Bible Plan is a study of 1 Peter to accompany Pastor Craig Groeschel’s series, Different. In this world, you’ll have struggles. You’ll face opposition. You’ll be challenged. And there’s a reason for that: this world is not your home. So answer hate with love, find joy in the midst of trials, and rely on a strength beyond yourself. You’re meant to be … different .
7 Days
How has God shown his love, or his power? The Jesus Bible showcases the ways in which God communicated with us, his creations, through Jesus Christ in both the Old and New Testaments. This 7-day reading plan illuminates the characteristics of God to help deepen your understanding and awe of his gifts.
What if faith is less about knowing all the right answers and more about asking hard questions? If you’ve ever wondered why God seems unfair, why He doesn’t always answer our prayers the way we expect, or why a loving God would create hell, this 7-day Bible Plan, accompanying Pastor Craig Groeschel’s Ever Wonder Why? series, is for you.
8 Days
Scaling our leadership is critical today. We must enlarge, magnify, maximize, and grow our leadership capacity to navigate our ever-changing environment. Rapidly evolving technology, changing employee/team dynamics, and shifting economics are just some of the issues we encounter. But don't think scaling our leadership is just for the workplace. We must scale our leadership at home and in our relationships. Dive in today to gain practical, relevant leadership insight.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's