WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe — nie gewillig nie, maar ter wille van Hom wat dit onderwerp het — in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding. En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
Lees ROMEINE 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: ROMEINE 8:18-27
4 Days
Optimism doesn’t depend on what we see—it stems from what God says. This four-day Bible Plan from Life.Church unwraps eight reasons from Romans 8 to remain unwaveringly optimistic. Start reading part one of the six-part Stay Positive series.
Facing difficult situations in our lives is inevitable. But in this short 4-day Plan, we’ll be encouraged knowing we are not alone, that God has a purpose for our pain, and that He will use it for His greater purpose.
5 dae
Om God te vertrou is een van die wonderlikste maniere om eer aan Hom te betoon. Vertroue is nie ’n verpligting wat ons aan God verskuldig is nie; dit is ’n voorreg wat Hy tot ons beskikking stel. Elke dag van hierdie 5-dag-leesplan bevat gedagtes oor vertroue in God en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Joyce Meyer se “Onwrikbare vertroue”.
5 Days
This plan will look at how the Bible tells us that God is working out all things for those who love Him and how grief and loss do not have the final word; God does.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's