PSALMS 99

99
'n Psalm tot eer van die driemaal-Heilige.
1 DIE Here is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die gérubs; laat die aarde sidder!
2Die Here is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke.
3Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy!
4Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. Ú het bevestig wat regverdig is; Ú het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.
5Verhef die Here onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy!
6 Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die Here aangeroep, en Hý het hulle verhoor.
7In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het.
8 o Here onse God, Ú het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.
9Verhef die Here onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die Here onse God.

Tans Gekies:

PSALMS 99: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid