PSALMS 100
AFR53

PSALMS 100

100
'n Oproep om God te prys.
1 'n PSALM. By die lofoffer.
# Ps. 95:1 Juig voor die Here, o ganse aarde!
2Dien die Here met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.
3Erken dat die Here God is: Hy #Ps. 95:6; Efés. 2:10het ons gemaak, en ons is syne, #Eség. 34:30,31sy volk en die skape van sy weide.
4Gaan sy poorte in met lof, sy #Ps. 116:19voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.
5Want die Here is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Vind meer uit oorAfrikaans 1933/1953