PSALMS 64

64
Strafgerig oor vyande van die opregtes.
1VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.
3Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;
4 wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig — bitter woorde! —
5om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.
6'n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?
7Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart!
8Maar God tref hulle met 'n pyl, skielik is hulle wonde daar.
9En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof.
10En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen.
11Die regverdige sal bly wees in die Here en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem.

Tans Gekies:

PSALMS 64: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid