TOE die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes — alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels — het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan. En Hy moes deur Samaría gaan. Hy kom toe by 'n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. En die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur. Daar kom 'n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink — want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop. En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat 'n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek 'n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie. Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het. Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water? U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee? Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
Lees JOHANNES 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 4:1-15
5 Days
When we become followers of Jesus, we begin a lifelong journey of growth. A part of growing in our faith is learning how to share the good news about Jesus with other people. In this 5-day Plan, we’ll learn how to share the hope and peace we have in Christ—and how that could change someone's life!
The grace of God is a never ending supply of His favor, love, and kindness to us. Even though we’ve done nothing to deserve it, it’s available to the entire world through Jesus. No matter how good or bad our choices may be, we’re all in need of God’s grace. In this Plan, we’ll learn more about how to live grace-filled lives.
We often hope in the world around us—for a promotion, a better relationship, a stronger family, and recovery of the sick. But trusting only in earthly outcomes will fail us. The Bible says we will experience loss and disappointment on earth, but we are held in God’s eternal love. On this plan, you will learn about God’s care for you and see how spiritual hope can bring strength amid life’s storms.
5 dae
Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons na situasies in die Bybel kyk wat die lewensveranderende krag van die evangelie aan mense wys wat dit vir die eerste keer hoor.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's