laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
Lees HEBREËRS 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 10:22-27
3 Dae
Die skeppingsdoel van die mens is God se liefdesplan met sy liefdeskepsel. In hierdiee leesplan fokus ons op die liefdevolle Vaderhart van God vir elke mens. God het die mens innig lief en Hy het ʼn kosbare plan met elke mens se lewe.
4 dae
In hierdie leesplan kyk ons na Johannes 3:16 – die Evangelie in ‘n neutedop. Aan die hand van die vers sê ons vir mekaar hoe God se liefde is: Onvoorwaardelik, opofferend, waardevol, persoonlik, toeganklik, nie veroordelend en voordelig.
5 Days
Walking with God is not easy. When we choose to follow God with our whole heart, things get harder. What keeps us on this path? Why do we choose to journey with Him? Because JESUS IS GREATER! In this plan, Six of Nine, in our journey through Hebrews, we see how our life with Jesus can and will get challenging. Holding on may not always be easy, but it will be worth it.
5 dae
Ons lees in die boek Levitikus dat die Here met Moses gespreek het rakende die heilige samekomste: “Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste – dit is my feestye” (Lev 23:2). In hierdie plan kyk ons na die feestye wat God se heilige samekomste is waartydens die mense gerus en fees gevier het.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's