NADAT God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle. Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom 'n Vader wees, en Hy sal vir My 'n Seun wees? En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer; U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle
Lees HEBREËRS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 1:1-9
3 Days
When Jesus died on the cross, His blood ran from the pillars of wood to the very depths of our spirits. We were finally reunified with God, who speaks to us through a universal language that directly translates to our situation — no matter who we are, no matter where we came from, and no matter what walls divide us. He bled out so all could come in!
5 Days
In this five-day reading plan, Dr. Tony Evans will journey with you through the first section of Hebrews (1:1—3:6) and discuss Jesus: The Superior Person. Hebrews was written to encourage believers to never give up. So, if you have ever faced discouragement in your journey of faith, then this is the book you should study to find encouragement and hope to finish the race of faith well.
7 Days
Jesus — Is there anyone greater? NO! This is Part One of Nine devotional plans walking us through the Book of Hebrews. This first part sets the stage of Jesus’ Greatness and shows what sets Him apart. God’s people faced a tough choice — follow Jesus and lose everything, or go back. Is following Jesus worth losing so much? We find ourselves asking — and responding — to the same question today.
7 Dae
Gewone mense soos ons word genooi om saam te kom feesvier omdat Jesus na ons toe gekom het. Sy koms het die wêreldgeskiedenis vir altyd verander! Jesus bring egter nie tydelike feesgroete nie. Stephan Joubert kom herinner jou dat Hy hierdie Fees vul met nuwe inhoud. So trek sy feesklere aan in hierdie feestyd en onthou: Hy is die rede vir Kersfees. Hy is die Een oor wie dit gaan.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's