EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik. Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe. Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag. Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners. En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie? Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie. Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees; met behoud van 'n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster. Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen. Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees
Lees I PETRUS 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: I PETRUS 3:8-18
3 Days
We learn some important lessons when we walk alongside other people. We learn how to get along and cooperate with others. Everybody has a longing for belonging, because God made us for relationships. When we walk alongside other Christians in community, we find that longing satisfied.
6 Days
Abandoned faith is a painfully deep and prevalent problem among millennials. Even those who grew up in strong Christian families are walking away from their faith. Expert apologist authors Alex McFarland and Jason Jimenez address this new reality with compassion to parents who feel burdened and alone. They share statistics, stories, and practical ways parents can impact their children, and help you lead them home.
A game changer totally reshapes the direction of a game. Jesus was a game changer for a lost world. And guess what? You can be a game changer for someone else by telling them what Jesus did for you. Evangelism is a big word with big responsibility, but it’s actually very simple. This Bible Plan will help preteens understand how to share the Gospel with gentleness and respect.
15 Dae
As jy vir Jesus ly, dan moedig hierdie eerste brief van Petrus jou aan dat jy in Jesus se voetspore volg, wat eerste vir ons gely het. Reis daagliks deur 1 Petrus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's