Eksodus 11

11
1יהוה het vir Mosheh gesê: “Ek sal nog een plaag oor Farao en oor Mitzrayim bring. Daarna sal hy julle geheel en al hiervandaan laat gaan. As hy julle laat gaan, sal hy julle geheel en al uitdryf hiervandaan.
2Praat nou voor die ore van die volk dat elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwer goed en goue goed moet vra.”
3יהוה het aan die volk guns verleen in die oë van die Mitzrayimiete. Meer nog, die man, Mosheh, was baie hoog geag in Mitzrayim, in die oë van Farao se diensknegte en in die oë van die volk.
4Mosheh sê: “So sê יהוה: Omtrent middernag sal Ek uitgaan oor Mitzrayim
5en elke eersgeborene in die land van Mitzrayim sal sterf, van Farao, wat op sy troon sit, se eersgeborene af, tot by die eersgeborene van die slavin wat agter die meulsteen staan en al die eersgeborenes van die diere.
6Daar sal ’n groot uitroep regoor die hele land van Mitzrayim wees soos wat daar nie was en soos daar nie weer sal wees nie,
7maar teen die seuns van Yisra’el sal ’n hond nie eens blaf nie, nie teen mens of dier nie sodat julle kan verstaan dat יהוה ’n onderskeid maak tussen Mitzrayim en Yisra’el.
8Al hierdie diensknegte van u sal na my toe afkom en voor my op hulle gesigte val en sê: 'Gaan uit, jy en die hele volk aan jou voete.' Daarna sal ek uitgaan.” Hy het by Farao uitgegaan in brandende woede.
9יהוה het vir Mosheh gesê: “Farao sal nie na julle luister nie sodat My tekens in die land van Mitzrayim kan vermeerder.”
10Mosheh en Aharon het al hierdie tekens voor Farao gedoen en יהוה het Farao se wil, emosie en verstand onveranderlik gemaak sodat hy die seuns van Yisra’el nie uit sy land laat gaan het nie.

Tans Gekies:

Eksodus 11: SPC

Kleurmerk

Deel

Vergelyk

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan