Efesiërs 1:18-21

Efesiërs 1:18-21 SPC

en dat die oë van julle verstand, wil en emosie verhelder sal word sodat julle kan weet wat die versekerde verwagting van Sy roeping en wat die rykdom van Sy erfdeel van eer en lof is onder die afgesonderdes en wat die oorvloedige grootheid van Sy wonderwerkende krag is, in ons wat vertrou, volgens die effektiewe vermoë van Sy krag wat Hy gewerk het in Die Gesalfde Een toe Hy Hom uit die dood uit opgewek het en Hom laat sit het aan Sy regterhand in die hemel, ver bo alle heersers, outoriteite, wonderwerkende kragte, meesters en elke karakter en outoriteit (naam) wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in dié een wat kom.