'Amos 2
2
1So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Mo’av, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.
2Ek sal vuur op Mo’av stuur en dit sal die kastele van K’riot verteer en Mo’av sal te midde van opskudding sterf, met oorlogsuitroepe en die klank van die ramshoring.
3Ek sal die regter uit haar midde uitsny en al haar prinse saam met haar neerslaan,” sê יהוה.
4So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Y’hudah, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle die wet van יהוה verwerp het en nie Sy instellings onderhou het nie; hulle leuens het hulle ook verlei, dié waar agter hulle vaders aangeloop het. 2 Kon 23:26,27; 24:2; Hos 12:1; Mal 2:11
5Ek sal vuur op Y’hudah stuur en dit sal die kastele van Yerushalayim verteer.”
6So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Yisra’el, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle die onpartydige en opregte vir silwer verkoop het en die behoeftige vir ’n paar sandale waarmee hulle in die stof van die aarde trap;
7hulle onderdruk die hulpeloses en weerhou regverdige oordeel van die vaderloses en ’n man en sy vader gaan in by dieselfde jongmeisie om My afgesonderde Naam te onteer. Lev 18
8Hulle strek hulleself uit in vuil klere langs elke altaar en drink die wyn van veroordeeldes in die huis van hulle god.
9Tog was dit Ek wat die Emoriete voor hulle uit vernietig het, alhoewel sy hoogte soos die hoogte van seders was en hy so sterk soos die eikebome was; Ek het selfs sy vrug bo en sy wortels onder vernietig.
10Dit was Ek wat julle uit die land van Mitzrayim gebring en julle veertig jaar lank in die woestyn gelei het dat julle die land van die Emoriete in besit kan neem.
11Toe het Ek sommige van julle seuns as profete opgelig en sommige van julle jongmanne as Natzireërs. Is dit nie so nie, o seuns van Yisra’el?” verklaar יהוה.
12“Julle het egter die Natzireërs wyn laat drink en die profete beveel en gesê: ‘Julle mag nie profeteer nie!’ 2 Kro 21:11
13Let op, Ek word onder julle afgedruk soos ’n wa afgedruk word wanneer dit volgemaak word met gerwe.
14Ontvlugting sal vergaan vir die vinniges en die staatmaker sal nie sy krag versterk of die magtige manne sy lewe red nie.
15Hy wat die boog vasvat sal nie staan, die vlugvoetige nie ontsnap, of hy wat ’n perd ry sy lewe red nie.
16Selfs die dapperste onder die soldate sal op dié dag kaal wegvlug,” verklaar יהוה.
Tans Gekies:
'Amos 2: SPC
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.