2 Korinthiërs 13

13
1Hierdie is die derde keer dat ek gereed is om na julle toe te kom. In die mond van twee of drie getuies sal alles vasstaan wat gesê word. Deut 19:15
2Ek het dit vroeër gesê en ek sê dit voor die tyd, soos ek dit twee maal gesê het toe ek daar teenwoordig was en ek skryf dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig het en aan al die ander, dat as ek weer kom, ek nie sal spaar nie
3aangesien julle ’n bewys soek dat Die Gesalfde Een in my praat. Hy is nie swak teenoor julle nie, maar magtig onder julle,
4want al is Hy gekruisig in swakheid, leef Hy deur die krag van God, want ons is ook swak in eenheid met Hom, maar ons leef saam met Hom, vir julle, deur die wonderwerkende krag van God. Neg 8:10; 2 Kor 3:5
5Ondersoek julleself of julle in vertroue staan. Toets julleself. Of is julle nie bewus dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in julle is nie? Indien nie, is julle verwerp!
6Ek verwag egter dat julle sal sien dat ons nie verwerplik is nie.
7Ek bid tot God dat daar geen boosheid in julle mag wees, soos die bewyse mag lyk nie, maar dat julle kan doen wat goed is, maar dat ons soos verwerplikes kan wees,
8want ons kan niks teen die waarheid doen nie, maar ter wille van die waarheid,
9want ons is bly as ons swak is en julle sterk en hieroor bid ons ook sodat julle volmaak sal word.
10As gevolg hiervan skryf ek hierdie dinge in my afwesigheid sodat ek nie, as ek teenwoordig is, ernstig hoef op te tree, volgens die outoriteit wat my Meester my gegee het, om julle op te bou en nie af te breek nie.
11Van nou af, broers, wees bly, word volmaak gemaak, word opgebou, wees een van denke, leef in vrede en die God van liefde, vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid sal by julle wees.
12Stuur vrede vir mekaar met ’n afgesonderde soen.
13Al die afgesonderdes stuur vrede vir julle.
14Die vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, die liefde van God en die gemeenskap van die Gees wat Afgesonderd is bly by julle almal! Dit is waar!</book>

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan