Titos 2
2
1Sê jy egter dít wat by die regte leer pas.
2Leer dat die ou manne waaksaam moet wees in hulle gedagtes, beskeie, rein, suiwer in vertroue, in liefde en in geduld.
3Op dieselfde manier moet die ouer vroue in hulle optrede wees soos dit aanbidding tot God pas en nie lasteraars (skinderaars) wees of afhanklik van baie wyn nie, maar leraars van wat uitstekend is
4sodat hulle die jong vroue kan dissiplineer om hulle mans en kinders lief te hê,
5kuis te wees, afgesonderd, om goed vir hulle huishoudings te sorg en hulle eie mans te gehoorsaam sodat daar nie kwaad gepraat word teen die boodskap van God nie.
6Doen ’n beroep op die jong manne om net so ernstig te wees.
7Wys jouself in alles as ’n bloudruk vir goeie dade en in leringe. Efe 2:10 Laat jou spraak opbouend wees,
8wat ernstig is, nie korrup nie en laat geen mens dit minag nie sodat ons teëstanders beskaam kan word omdat hulle niks ongunstig kan hê om teen ons te sê nie.
9Slawe moet gehoorsaam wees aan hulle eie meesters en hulle in alles tevrede stel en nie teëpraat nie;
10hulle moet ook niks steel nie, maar in alles hulle goeie lojaliteit wys, om die leringe van God, ons Lewegewer, in alles ten toon te stel,
11want die lewegewende onverdiende guns van God, is aan alle mense openbaar Rom 1:18-20
12en dit lei ons om boosheid en wêreldse begeertes te verwerp en in reinheid, onpartydige opregtheid en in die aanbidding van God in hierdie wêreld te leef
13terwyl ons uitkyk vir die geseënde, versekerde verwagting en die openbaring van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van die grote God en van ons Lewegewer, Yeshua, Die Gesalfde Een,
14wat Homself in ons plek gegee het om ons los te koop uit alle oortredings van die wet en vir Homself ’n nuwe volk te reinig, Deut 14:2; Yeg 11:19; Ps 135:4 wat ywerig is in goeie dade.
15Sê hierdie dinge en vereis dit en bestraf met alle outoriteit en laat niemand jou verag nie.
Tans Gekies:
Titos 2: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.