Openbaring 16
16
1Ek het ’n harde stem uit die tempel, aan die sewe boodskappers, hoor sê: “Gaan gooi die sewe flesse van die woede van God op die aarde uit.”
2Die eerste het gegaan en sy fles op die aarde uitgegooi en kwaadaardige en pynlike swere Eks 9:8-11 het gekom op die mense wat die merk van die dier gehad het en op die wat sy beeld aanbid het.
3Die tweede boodskapper het sy fles in die see uitgegooi en die see het soos dood geword en alle lewende diere in die see het doodgegaan.
4Die derde boodskapper het sy fles in die riviere en in die waterfonteine uitgegooi en dit het bloed geword
5en ek het die boodskapper van die waters hoor sê: “U wat is en wat was is Regverdig en Afgesonderd; U wat hierdie dinge beveel het,
6want hulle het die bloed van afgesonderdes en profete laat vloei en U het vir hulle bloed gegee om te drink, wat hulle verdiende loon is.” Yes 49:26
7Ek het die altaar hoor sê: “Ja, יהוה-God, wat alles vashou, waar en onpartydig opreg is U oordele.”
8Die vierde boodskapper het sy fles oor die son uitgegooi en aan hom is gegee om die mense met vuur te verbrand.
9Die mense is verbrand met ’n groot hitte en hulle het kwaad gepraat van die Karakter en Outoriteit (Naam) van God, wat outoriteit het oor hierdie plae en hulle het nie erken en berou gehad om aan Hom eer, lof en aanbidding te gee nie.
10Die vyfde boodskapper het sy fles oor die troon van die dier uitgegooi, sy koninkryk het donker geword en hulle het hulle tonge geknaag van die pyn.
11Hulle het kwaad gepraat van die Karakter en Outoriteit van God van die hemel as gevolg van hulle pyne en hulle swere en hulle het nie erken en berou gehad oor hul dade nie.
12Die sesde boodskapper het sy fles oor die groot rivier, die Eufrates, uitgegooi en sy water het opgedroog sodat die pad vir die konings wat van die Ooste af kom, voorberei kon word.
13Ek het uit die bek van die draak, uit die bek van die dier en uit die mond van die vals profeet drie onrein geeste sien uitkom, soos paddas,
14want dit is geeste van demone wat wondertekens doen, wat uitgaan na die konings van die hele aarde, om hulle bymekaar te maak vir die oorlog van daardie groot dag van God, wat alles vashou.
15Let op, Ek kom soos ’n dief. 2 Kefa 3:10; 1 Thes 5:2 Seën vir hom wat waaksaam is en sy klere beskerm sodat hy nie miskien kaal rondloop en hulle sy skaamte sien nie
16en Hy sal hulle bymekaarmaak op die plek wat in Hebreeus genoem word Megiddo.
17Die sewende boodskapper het sy fles in die lug uitgegooi en ’n harde stem het vanaf die tempel, van voor die Troon, uitgegaan, wat gesê het: “Dit is afgehandel.”
18Daar was weerlig, donderslae en ’n groot aardbewing, soos wat daar nog nooit was vandat die mense op die aarde gekom het nie, só groot was díé aardbewing.
19Die groot stad is in drie dele verdeel, die stede van die nasies het geval en God het Bavel, die grote, onthou, om vir haar die beker, met die wyn van die wraak van Sy woede, te gee. Yir 25:15, 26-31; Ps 75:9
20Alle eilande het gevlug, berge kon nie gekry word nie
21en groot haelkorrels van omtrent twee en veertig kilogram, het uit die lug op die mense geval en die mense het God vervloek oor die haelplaag omdat Sy plaag baie groot was.
Tans Gekies:
Openbaring 16: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.