Openbaring 15
15
1Ek het ’n ander groot en wonderlike teken in die hemel gesien: sewe boodskappers met die sewe laaste plae, want in húlle is God se wraak afgehandel.
2Ek het ook iets soos ’n see van glas, gemeng met vuur, gesien en dié wat oorwinnaars was oor die dier, oor sy beeld en oor die getal van sy karakter en outoriteit (naam), het oorkant die see van glas gestaan, met die snaarinstrumente van God
3en hulle het die lied van Mosheh, Eks 15:1-19; Deut 32:1-43 die dienskneg van God en die lied van die Lam gesing en gesê: “Groot en wonderlik is U dade, יהוה-God-Almagtig, wat alles vashou, onskuldig en waar is U dade, Ps 86:9-10; Ps 92:6; Ps 98:1; 1 Kro 16:9,12 Koning van die wêreld!
4Wie sal U nie respekvol vrees nie יהוה en U Karakter en Outoriteit nie eer en loof nie, want U alleen is Afgesonderd; daarom sal al die nasies kom en voor U aanbid omdat U Waarheid is.” Z'kh 14:16; Mat 22:16
5Ná hierdie dinge het ek gesien dat die tempel (die tent van die getuienis in die hemel) oopgemaak is
6en sewe boodskappers met die sewe plae het uit die tempel uitgegaan, aangetrek met stralende skoon linne, met goue gordels om die bors vasgebind.
7Een van die vier wesens het aan die sewe boodskappers sewe flesse gegee, vol van die woede van God, Hy wat die Lewe is vir tydlose ewigheid. Dit is waar.
8Die tempel was vol rook vanuit die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God en vanuit Sy Mag en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe boodskappers afgehandel is nie.
Tans Gekies:
Openbaring 15: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.