Psalms 136
136
1Loof יהוה met uitgestrekte hande, want Hy is goed, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig.
2Loof die God van die gode met uitgestrekte hande, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig.
3Loof die Meester van meesters met uitgestrekte hande, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
4Hom wat alleen groot wonders doen, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
5Hom wat die hemele met Godskennis gemaak het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
6Hom wat die aarde bo die waters uitgestrek het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
7Hom wat die groot ligte gemaak het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
8die son om te heers oor die dag, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
9die maan en sterre om te heers oor die nag, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
10Hy wat die eersgeborenes van die Mitzrayimiete getref het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
11Yisra’el tussen hulle uit gebring het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
12met ’n sterk hand en met ’n uitgestrekte arm, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
13Hy wat die Sufsee in dele verdeel het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig
14en Yisra’el deur dit laat gaan het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig,
15maar Farao en sy leër in die Sufsee oorwin het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig.
16Aan Hom wat Sy volk deur die wildernis gelei het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
17aan Hom wat groot konings verslaan het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig
18en magtige konings verslaan het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig:
19Sigon, die koning van die Emoriete, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig,
20`Og, die koning van Bashan, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig
21en hulle land as ’n erfenis gegee het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
22as ’n erfenis aan Yisra’el, Sy dienskneg, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
23wat ons in ons vernedering onthou het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig
24en ons van ons vyande gered het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
25wat kos gee vir alle vlees, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig.
26O, loof die God wat in die hemele is met uitgestrekte hande, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig.
Tans Gekies:
Psalms 136: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.