Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Psalms 137

137
1By die riviere van Bavel, daar het ons gesit; ja, ons het gehuil toe ons Tziyon onthou.
2Ons het ons harpe aan die wilgerbome in Bavel opgehang,
3want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons ’n lied gevra en ons veroweraars het vir ons gesê: “Sing vir ons een van die liedere van Tziyon.”
4Hoe kan ons die lied van יהוה in ’n vreemde land sing?
5As ek jou vergeet, o Yerushalayim, laat my regterhand my vergeet!
6As ek jou nie onthou nie, laat my tong aan my verhemelte vaskleef, as ek Yerushalayim nie verkies bo my grootste blydskap nie.
7יהוה, onthou die seuns van Edom op die dag van Yerushalayim, hulle wat gesê het: “Vernietig dit, vernietig dit, selfs tot op die fondasies daarvan!” Yeg 35:1-15
8O dogter van Bavel, wat buit neem, geseënd sal hy wees wat jou sal vergeld soos wat jy ons behandel het!
9Geseënd sal hy wees wat jou kinders gryp en vernietig teen die rots!

Tans Gekies:

Psalms 137: PWL

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan