Psalms 135
135
1Loof Yah helder en duidelik! Prys die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה helder en duidelik! Vier fees, o diensknegte van יהוה,
2wat staan in die huis van יהוה, in die kamers van die huis van ons God!
3Loof יהוה helder en duidelik, want יהוה is goed; sing en maak musiek tot Sy Naam (Karakter en Outoriteit), want dit is aangenaam,
4want יהוה het Ya’akov vir Homself gekies, Yisra’el as Sy rykdom. Deut 14:2; Tit 2:14
5Ek weet dat יהוה groot is en dat ons Meester bo alle gode is.
6Wat ook al יהוה tevrede stel, dit doen Hy in die hemel en op die aarde, in die seë en in al die dieptes.
7Hy laat die wolke opgaan vanaf die eindes van die aarde, Hy maak weerligstrale vir die reën, Hy bring die wind uit Sy skatkamers.
8Hy tref die eersgeborenes van Mitzrayim, beide mens en dier;
9Hy wat Sy tekens en wonders binne-in jou gestuur het, o Mitzrayim, teen Farao en teen al sy diensknegte;
10wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:
11Sigon, koning van die Emoriete en `Og, die koning van Bashan en al die koninkryke van Kena’an
12en hulle land as ’n erfenis gegee het, ’n erfenis aan Yisra’el, Sy volk.
13U Naam (Karakter en Outoriteit), o יהוה, duur voort vir ewig en U herinnering, יהוה, deur alle geslagte,
14want יהוה sal Sy volk oordeel en Hom verbly in Sy diensknegte.
15Die afgode van die ander nasies is silwer en goud, die werk van mensehande.
16Hulle het monde, maar hulle praat nie; hulle het oë, maar hulle sien nie;
17hulle het ore, maar hulle hoor nie; daar is ook geen asem in hulle monde nie.
18Laat dié wat hulle maak en elkeen wat in hulle vertrou, net soos hulle word. Ps 115:4
19Seën יהוה, o huis van Yisra’el! Seën יהוה, o huis van Aharon!
20Seën יהוה, o huis van Levi! Julle wat יהוה respekvol vrees, seën יהוה!
21Geseënd is יהוה vanuit Tziyon, Hy wat in Yerushalayim bly! Loof Yah helder en duidelik!
Tans Gekies:
Psalms 135: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.