Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Psalms 127

127
1’n Lied vir die opgaan na die feeste; van Shlomo. As יהוה die huis nie bou nie, werk die wat daaraan bou tevergeefs; as יהוה die stad nie bewaar nie, bly die wagter tevergeefs wakker. Heb 3:4
2Dit is doelloos vir hulle wat vroeg opstaan, wat laat opbly; hulle eet brood van smarte, want Hy gee aan die een wat Hy lief het dieselfde in sy slaap!
3Let op, seuns is ’n erfenis vanaf יהוה en die vrug van die baarmoeder is ’n beloning.
4Soos pyle in die hand van ’n magtige man, so is seuns van die jeug.
5Geseënd is die man wat sy pylkoker vol het daarvan! Hy sal nie beskaamd staan nie, maar met vyande in die poort praat.

Tans Gekies:

Psalms 127: PWL

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan