Psalms 126
126
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Toe יהוה die mense van Tziyon teruggebring het uit gevangenskap, was ons soos hulle wat hul verheug.
2Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met harde sang; toe het hulle onder die ander nasies gesê: “יהוה het groot dinge vir hulle gedoen.”
3יהוה het groot dinge vir ons gedoen; daarom is ons verheug!
4O יהוה, verander weer ons gevangenskap, soos die strome in die Suidland.
5Hulle wat in trane saai, sal in vreugde maai.
6Hy wat uitgaan en huil en kosbare saad dra, sal ongetwyfeld weer kom met vreugde en sy gerwe saam met hom bring.
Tans Gekies:
Psalms 126: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.