Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Psalms 125

125
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Hulle wat op die berg van Tziyon op יהוה vertrou, sal nie beweeg word nie, maar sal vir ewig daar bly. Yeg 43:12
2Soos die berge rondom Yerushalayim is, so is יהוה rondom Sy volk van nou af en vir ewig, Yeg 43:7
3want die lat van die bose sal nie rus op die toegestaande gedeelte van die regverdiges nie; net so sal die regverdiges nie hulle hande uitsteek na boosheid nie.
4Doen goed, o יהוה, aan die wat goed en opreg in hulle verstand, wil en emosie is.
5יהוה sal dié wat wegdraai na hulle verdraaide paaie verstrooi saam met die werkers van sinnelose boosheid, maar vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid sal oor Yisra’el wees!

Tans Gekies:

Psalms 125: PWL

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan