Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Psalms 124

124
1’n Lied vir die opgaan na die feeste; van Dawid. As dit nie יהוה was wat aan ons sy gestaan het nie, laat Yisra’el nou so sê:
2As dit nie יהוה was wat aan ons sy gestaan het toe manne teen ons opgestaan het nie,
3dan sou hulle ons lewendig verslind het toe hulle woede teen ons ontvlam het;
4dan sou hulle ons in die waters verdrink het; die stroom sou oor ons gegaan het;
5dan sou die groot waters oor ons gegaan het.
6Geseënd is יהוה wat ons nie as prooi aan hulle tande oorgegee het nie!
7Ons lewens het ontsnap soos ’n voël uit die strik van die voëlvangers; die strik is gebreek en ons is bevry.
8Ons hulp is in die Karakter en Outoriteit van יהוה wat hemel en aarde gemaak het.

Tans Gekies:

Psalms 124: PWL

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan