Psalms 100
100
1’n Gedig van lofprysing met uitgestrekte hande; met instrumentale musiek. Roep uit van vreugde voor יהוה, o hele aarde!
2Dien יהוה met blydskap; kom voor Sy Teenwoordigheid met uitroepe van vreugde.
3Weet dat Hy יהוה, ons God, is; dit is Hy wat ons gemaak het en nie onsself nie, ons is Sy volk en die skape van Sy weiveld.
4Gaan Sy poorte in met lof en dank met uitgestrekte hande, in Sy howe in met lofprysing; wees dankbaar tot Hom en loof Sy Naam (Karakter en Outoriteit),
5want יהוה is goed; Sy liefdevolle goedheid is vir ewig en Sy waarheid hou stand in alle geslagte.
Tans Gekies:
Psalms 100: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.