Psalms 99
99
1יהוה heers; laat die volke bewe! Hy sit bo die gérubs; laat die aarde skud!
2יהוה is groot in Tziyon; Hy is hoog bo al die volke verhewe.
3Laat hulle U groot en geëerde Naam (Karakter en Outoriteit) loof en prys met uitgestrekte hande, want dit is afgesonderd.
4Die Koning se sterkte het ook die regverdige oordeel lief; U bevestig gelykheid en U voer oordeel, onpartydige opregtheid uit in Ya’akov.
5Lig יהוה, ons God, hoog op en val op die grond neer voor Sy voetstoel, want Hy is afgesonderd!
6Mosheh en Aharon was onder Sy priesters en Sh’mu’el onder hulle wat Sy Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep. Hulle het יהוה aangeroep en Hy het hulle geantwoord.
7Hy het met hulle in die wolkkolom gepraat, hulle het Sy getuienisse onderhou en die verbond wat Hy aan hulle gegee het.
8U het hulle geantwoord, o יהוה, ons God, U was vir hulle ’n Vergelder, o God. Beloon hulle volgens hul dade.
9Lig יהוה, ons God hoog op en val op julle gesigte neer by Sy afgesonderde berg, want יהוה, ons God, is Afgesonderd.
Tans Gekies:
Psalms 99: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.