Psalms 101
101
1’n Gedig van Dawid met instrumentale musiek. Ek wil sing van goedheid en regverdige oordeel; tot U, o יהוה, wil ek sing en musiek maak!
2Ek wil myself wys gedra op ’n volmaakte manier. Wanneer sal U na my toe kom? Ek sal in my huis loop met ’n volmaakte verstand, wil en emosie.
3Ek sal geen bose ding voor my oë sit nie; ek haat die doeners van boosheid, hulle sal nie naby my kom nie.
4’n Valse verstand, wil en emosie moet weggaan van my af; ek sal geen boosheid ken nie.
5Hy wat sy naaste vals beskuldig sal ek vernietig; ek sal nie eet saam met hom wat uit die hoogte kyk en trots van verstand, wil en emosie is nie.
6My oë sal wees op die getroues in die land dat hulle saam met my kan bly; hy wat op ’n volmaakte manier leef sal my dien.
7Hy wat bedrog pleeg, mag nie in my huis bly nie; hy wat leuens vertel, sal nie voor my oë bly nie.
8In die vroeë oggend sal ek al die bose van die aarde stilmaak en ek sal al die werkers van boosheid uit die stad van יהוה uit vernietig.
Tans Gekies:
Psalms 101: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.