2 Timotheos 3
3
1Jy moet dít weet, dat daar in die laaste dae harde tye sal kom.
2Die mense sal lief wees vir hulleself en lief wees vir geld, grootpraters, trotsaards, kwaadpraters teen God, nie lojaal aan hulle eie mense nie, verwerpers van die onverdiende guns, boosaards,
3lasteraars (skinderaars), gevangenes van begeertes, wreedaards, haters van die goeie,
4verraaiers, impulsief, arrogant, wat begeertes liewer het as die liefde van God.
5Hulle het ’n vorm van respek vir God, maar is ver verwyderd van Sy krag. Verwyder sulke mense van jou af,
6want vanuit hulle is sommige wat van huis tot huis sluip en vroue wat begrawe is onder sondes en deur allerhande begeertes gelei word, gevange neem;
7wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
8Net soos Yannes en Yambres teen Mosheh opgestaan het, so staan ook hierdie mense teen die waarheid op, mense wat hulle verstand korrup maak en uit die vertroue verwerp word.
9Hulle sal nie vooruitgaan nie, want hulle gekheid is aan elke mens bekend, net soos ook hulle s’n bekend was. Yir 15:6
10Jy het my lering nagevolg, my gewoontes, my liefde, my volharding, my begeertes, my vertroue, my aanhoudende geduld,
11my vervolginge en my lyding en jy ken die dinge wat ek deurstaan het in Antiogeia, in Ikonion en in Lustra; watter vervolginge ek ook al verdra het en my Meester het my uit almal gered.
12Almal wat kies om in die aanbidding van God, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een te leef, word vervolg,
13maar bose mense en verleiers sal byvoeg by hulle boosheid, soos hulle afdwaal en mislei. Open 22:11
14Bly jy egter in daardie dinge wat jy geleer het en waarvan jy seker is omdat jy weet van wie jy geleer het
15en omdat jy van kindsbeen af die afgesonderde Geskrifte geleer is wat jou wys kan maak tot die Lewe in die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een.
16Elke geskrif wat deur die Gees geskryf is, is voordelig vir lering, vir korreksie, vir rigting en vir ’n kursus in onpartydige opregtheid
17sodat die man van God volmaak kan wees, volmaak gemaak vir elke goeie daad. Mat 5:48; Heb 13:21
Tans Gekies:
2 Timotheos 3: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.