Romeine 10:17-21

Romeine 10:17-21 CAB23

Geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur die woord van God. Maar ek sê: Het hulle nie gehoor nie? Ja, voorwaar, hulle geluid het oor die hele aarde gegaan en hulle woorde tot aan die eindes van die wêreld. Maar ek sê: Het Israel dit nie geweet nie? Eers het Moses gesê: Ek sal julle jaloers maak deur die wat geen volk is nie, en deur 'n dwase nasie sal Ek julle toornig maak. Maar Jesaja was baie vrymoedig en sê: Ek is gevind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek is geopenbaar aan die wat nie na My gevra het nie. Maar vir Israel sê Hy: Die hele dag lank het Ek my hande uitgesteek na 'n ongehoorsame en teësprekende volk.

Video vir Romeine 10:17-21

Gratis leesplanne en oordenkings oor Romeine 10:17-21