Matteus 7:13-23

Matteus 7:13-23 CAB23

Gaan in deur die nou poort, want wyd is die poort en breed is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. Pasop vir die valse profete wat in skaapsklere na julle toe kom, maar van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Pluk mense druiwe van dorings, of vye van distels? Net so dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n bedorwe boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom kan ook nie goeie vrugte dra nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word afgekap en in die vuur gegooi. Daarom sal julle hulle aan hulle vrugte ken. Nie elkeen wat vir my sê: Here, Here, sal in die koninkryk van die hemele ingaan nie; maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir my sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer nie? en in u Naam duiwels uitgedryf het? en in u Naam baie wonderwerke gedoen? En dan sal Ek aan hulle bely: Ek het julle nooit geken nie; gaan weg van My, julle wat ongeregtigheid doen.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 7:13-23

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid