Matteus 25:26-30

Matteus 25:26-30 CAB23

Sy heer het geantwoord en vir hom gesê: Jou slegte en trae dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en insamel waar ek nie gestrooi het nie. U moes dus my geld by die wisselaars gesit het, en dan sou ek my geld met woeker ontvang het by my koms. Neem dan die talent van hom af en gee dit aan hom wat tien talente het. Want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook wat hy het, weggeneem word. En werp die nuttelose dienskneg in die buitenste duisternis: daar sal geween wees en gekners van die tande.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 25:26-30