Die Bybeltoep is heeltemal gratis, met geen advertensies en geen inprogram-aankope nie. Kry die Bybeltoep
Stories uit die eresaal

5 Dae
Dit sou interessant wees as alledaagse dinge hulle stories en geheime kon fluister. As die lamppaal op die hoek kon vertel van die dramas en intriges wat hy deur die jare verlig het en die blompot voor in die kerk werklik met jou kon kommunikeer oor die liefde en spanning tussen die mense ... In die Bybel lees ons van mense wat alledaagse gebruiksartikels gebruik het om ‘n verskil te maak. Kom ons bou ‘n eresaal in ons gedagtes. Hierdie week gaan ons stadig van uitstalling tot uitstalling stap en bewus word van die stories wat hulle vertel.
Ons wil graag The Human Hub bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: humanhubs.com




