En kyk, een het gekom en vir hom gesê: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê? En hy sê vir hom: Waarom noem jy my goed? daar is niemand goed nie, behalwe een, dit is God; maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie. Hy sê vir hom: Watter? Jesus het gesê: Jy mag geen moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, Eer jou vader en jou moeder, en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die jongman sê vir hom: Al hierdie dinge het ek bewaar van my jeug af; wat kort my nog? Jesus sê vir hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop wat jy het en gee aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; en kom volg My. Maar toe die jongman hierdie woord hoor, het hy bedroef weggegaan, want hy het groot besittings gehad. Toe sê Jesus vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle, 'n ryk man sal beswaarlik in die koninkryk van die hemele ingaan. En verder sê Ek vir julle: Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
Lees Matteus 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 19:16-24
7 Days
Money can be awkward to talk about and difficult to understand. But how we spend our money often determines how we spend our lives. So how can we make sure we’re honoring God and serving others with our finances? In this 7-day Bible Plan, we’ll look at real stories from ordinary people who are learning how to take control of their budgets and live more generous lives.
8 days
What if we’re not measured by our accomplishments, but empowered by our relationships? Through refreshing stories, author Roger Thompson reveals the kind of power relationships wield to shape a man. Start this Life.Church Bible Plan with some friends today.
Are you experiencing the pain and grief of pregnancy loss? Let's walk together through the many emotions, ask the hard questions, and seek Biblical answers. God's inconceivable redemption is not only possible in the darkest moments, but most evident and surprising in them.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's