Matteus 13:10-15
Matteus 13:10-15 CAB23
En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U met hulle deur gelykenisse? Hy antwoord en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Want elkeen wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal meer oorvloed hê; maar elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word selfs wat hy het. Daarom spreek Ek tot hulle in gelykenisse, omdat hulle siende nie sien nie; en terwyl hulle hoor, hoor hulle nie en verstaan hulle nie. En daarin is die profesie van Jesaja vervul, wat sê: Deur te hoor, sal julle hoor en nie verstaan nie; en siende sal julle sien en nie sien nie; Want die hart van hierdie volk is grof geword, en hulle ore is dof van gehoor, en hulle het hulle oë toegemaak; dat hulle nie ooit met hul oë sou sien en met hul ore hoor en met hul hart sou verstaan en hulle sou bekeer en Ek hulle sou genees nie.


